C.A. van Aswegen

Redigeerder / Editor

Getuielys

C.A. van Aswegen

Redigeerder


Redigeerder C.A. van Aswegen het al meer as 31 plaaslike en internasionale rolprente voltooi. C.A. het as redigeerder op kortformaat-produksies begin werk en na meer as 150 advertensies en vele bekroonde musiekvideo’s het sy fokus verskuif na die wêreld van langformaat-narratief.

Hy werk aan verskeie TV-reekse wat toekennings in die industrie loslaan, asook verskillende hoogs aangeskrewe en bekroonde dokumentêre speelprente, onder meer ’n gedenksreeks oor die lewe van Nelson Mandela.

In 2016, wen hy die internasionale AMAA-toekenning vir sy redigeringswerk op die rolprent, Hear Me Move. Hy ontvang ook ses SAFTA-nominasies as redigeerder, onder andere vir films soos Roepman, Fatherland en Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom.

’n Paar van sy meer bekende projekte sluit die volgende rolprente in Vir Altyd, Vir die Voëls, Ballade vir ’n Enkeling, Pad na jou Hart, Klein Karoo, The Owner, Night Drive, Bakgat!, Ouma se Slim Kind en Noem My Skollie. C.A. is ’n ten volle geakkrediteerde lid van die South African Guild of Editors.


Witness List

C.A. van Aswegen

Editor


C.A. van Aswegen has edited more than 31 local and international productions and began his career as editor in short format productions. After more than 150 advertisements and many celebrated music videos, he shifted his focus to long-format narrative.

Having won awards for several TV series he worked on as well as various highly acclaimed feature films and documentaries, including a series about the life of Nelson Mandela, C.A. cemented his reputation in the South African film industry.

In 2016, he won the international AMAA Award for Editing for the film, Hear Me Move. He has been nominated six times for the SAFTA award for his editing of, among others, the films Roepman, Fatherland and Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom.

A few of his more well-known projects include the films Vir die Voëls, Vir Altyd, Ballade vir ’n Enkeling, Pad na jou Hart, Klein Karoo, The Owner, Night Drive, Bakgat!, Ouma se Slim Kind en Noem My Skollie. C.A. is a fully accredited member of the South African Guild of Editors.