Charlie Bouguenon

Gerhárd

Hoofverdagtes

Charlie Bouguenon


Gender: Male


Eye Colour: Blue


Hair Colour: Brown


Height: 1.87 m


Weight: unknown


Build: Medium


Charlie Bouguenon se loopbaan het in teater en musiekblyspel begin. Teaterhoogtepunte sluit in die rolle van die mafia-baas Gyp De Carlo in Jersey Boys, Dr. Frank-N-Furter in The Rocky Horror Show, die besete Bombardier Kotze in die krities bekroonde Somewhere on the Border en die blinde Konstabel in Reza De Wet se Mis.

Hy het Drama op Tukkies geswot en het sertifikate in spesiale vuurwapenhantering en verhooggevegte asook ’n lisensiaat in musiekteater deur London Trinity College. In 2009 het Charlie sy aandag op die silwerskerm en die kassie gevestig met sy filmdebuut in Ordinary People. Verskynings in Egoli, Binnelanders en 7de Laan is gevolg met Strike Back, sy eerste internasionale reeks. Charlie het verdere ervaring op Sterlopers I en II, Getroud met Rugby, Koringberg, Bloedbroers asook HBO se Homeland opgedoen.

In 2017 het hy die rol van Hugo in Erfsondes – Die Nuwe Generasie vertolk, asook Wolf, die tronk-bendeleier in Swartwater II, en Joe Gotty in die bekroonde Vuil Wasgoed. Hy is ook te sien in Nico Gryffenbach se Die Kasteel op kykNET en vertolk tans die rol van Timothy Jones in Scandal op eTV.

Ook Bekend As: Gerhárd

Gerhárd en Stephán is ’n gemaklike en effense ‘kamp’-paartjie. Gerhárd is uitgaande en flambojant. Hy het geen skaamte vir wie of wat hy is nie. Gerhárd is nie op sy bek geval nie. Hy is sensitief en kan emosioneel reageer op situasies.

Leading Suspects

Charlie Bouguenon


Gender: Male


Eye Colour: Blue


Hair Colour: Brown


Height: 1.87 m


Weight: unknown


Build: Medium


Charlie Bouguenon’s career began in theatre and musicals. Theatre highlights include the role of the mafia boss Gyp de Carlo in Jersey Boys, the fabulous Dr Frank-N-Furter in The Rocky Horror Show, the crazy bombardier Kotze in the critically acclaimed Somewhere on the Border and the blind constable in Reza de Wet’s Mis.

He studied drama at Tuks and has certificates in special weapons handling and stage fighting as well as a qualification in musical theatre through London Trinity College. In 2009, Charlie focused his attention on the silver screen and TV with his debut in Ordinary People. Appearances on Egoli, Binnelanders and 7de Laan were followed with a role in Strike Back, his first international series. He also appeared in Sterlopers I and II, Getroud met Rugby, Koringberg, Bloedbroers as well as HBO’s Homeland.

In 2017 he played the role of Hugo in Erfsondes – Die Nuwe Generasie, Wolf the jail gang leader in Swartwater II, Joe Gotty in the celebrated Vuil Wasgoed and Cedric in Kampterrein. Besides his role in Thys & Trix, Charlie can be seen in Nico Gryffenbach’s Die Kasteel on kykNET. He is currently playing the role of Timothy Jones in Scandal on eTV.

Also Known As: Gerhárd

Gerhárd and Stephán are a comfortable couple that can be slightly camp. Gerhárd is outgoing and flamboyant and he’s not ashamed of who and what he is. He speaks his mind, is sensitive and can react emotionally in certain situations.