Danie Bester

Vervaardiger / Producer

Getuielys

Danie Bester

Vervaardiger


Danie Bester het oor die afgelope tien jaar 25 vollengte rolprente vervaardig en word deur baie mense beskou as ’n sleutelpersoon in die hernuwing van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf. Danie het in 1993 sy matriek aan die Hoër Jongenskool Paarl voltooi. Hy het B.Com Bemarkingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria studeer waartydens hy ook ’n DJ op die studente-radiostasie, TuksFM was.

Hy het die jare 1996 en 1997 in Londen, Skotland en Indië deurgebring. Danie het in 2002 sy honneursgraad (cum laude) aan AFDA Johannesburg in Rolprent Medium verwerf. Danie se finale jaar kortfilm, Skitterwit (M-Net New Directions), wat hy geskryf en die regie van behartig het word vereer as beste rolprent van die jaar en hy word ook aangewys as beste skrywer en regisseur.

Danie was die vervaardiger van Ouma se Slim Kind, Suid-Afrika se amptelike inskrywing in die buitelandse filmkategorie van 2008 se Oscar-toekennings. In 2011 het hy die Mr Video-toekenning gewen vir sy bydrae tot die plaaslike rolprentbedryf en in 2015 vereer Maroela Media hom met ’ n toekenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse rolprentbedryf. Pad na jou Hart wen in 2014, Ballade vir ’n Enkeling in 2015 en Vir die Voëls in 2017 die Huisgenoot Tempo toekenning vir gewildste rolprent van die jaar. In 2017 wen Vaselinetjie die prys vir beste rolprent by die kykNET Silwerskerfees en Vir die Voëls wen bese internasionale rolprent by die Edmonton Filmfees in Kanada.

Aan die begin van 2007 verteenwoordig Danie Suid-Afrika by die Rotterdam Lab, ’n inisiatief van die Rotterdamse Filmfees. Hy word ook gekies om Suid-Afrika by die Berlin Talent Campus te verteenwoordig. Die program word tydens die Berlynse Filmfees aangebied. Danie is ook ’n gegradueerde van die hoogs aangeskrewe Trans Atlantic Partnership – ’n ko-produksie- inisiatief tussen Europa, Kanada en die VSA.

Bakgat! behaal in 2008 groot sukses by die loket en lei tot die vervaardiging van Bakgat! 2, en Bakgat! 3 – die eerste Afrikaanse trilogie. Superhelde, Ek Joke Net 1 en 2, Night Drive, Roepman, Hoofmeisie, Wolwedans in die Skemer, Verraaiers, Musiek vir die Agtergrond, Pad na jou Hart, Agent 2000, Hear Me Move en die enorme lokettreffers, Vir Altyd, Ballade vir ‘n Enkeling en Vir die Voëls volg.

Danie verskuif stelselmatig sy fokus na plaaslike produksies wat internasionaal vrygestel kan word. Jou Romeo en Sy Klink Soos Lente word in 2016 by die loket vrygestel en Vaselinetjie en Vuil Wasgoed in 2017. Hy werk tans aan Thys & Trix, Stroomop en Fiela se Kind.


Witness List

Danie Bester

Producer


Danie Bester has produced 25 feature films in the past ten years and is regarded by many as a key person in the renewal of the South African film industry. Danie completed his matric in 1993 at Paarl Boys High. He studied B.Com Marketing Management at the University of Pretoria, where he was also a DJ at the student radio station TuksFM. During 1996 and 1997 he spent his time in London, Scotland and India.

In 2002, Danie completed his honours degree (cum laude) at AFDA Johannesburg in Motion Picture Medium. His graduation film, Skitterwit (M-Net New Directions), which he wrote and directed, won the AFDA award for best picture, screenplay and director. Danie produced Ouma se Slim Kind, South Africa’s official entry in the foreign film category of the 2008 Academy Awards. In 2011, he was honoured by Mr Video for his contribution to the local film industry and received a Maroela Media award in 2015 for his contribution to the Afrikaans film industry. Pad na jou Hart won the Huisgenoot Tempo award for most popular film of the year in 2014, Ballade vir ’n Enkeling in 2015 and Vir die Voëls won the same award in 2017. Vaselinetjie won Best Feature Film at the Silwerskermfees in 2017 and Vir die Voëls won best international feature film at the Edmonton Film Festival in Canada.

Danie represented South Africa at the Rotterdam Lab, an initiative by the Rotterdam Film Festival and also at the Berlin Talent Campus. The Berlin Talent Campus forms part of the Berlin Film Festival and networks talent from across the globe. Danie is also a graduate of the highly esteemed Trans Atlantic Partnership, a production initiative between Europe, Canada & the USA.

Bakgat! Becomes a box office hit in 2008 and leads to the production of Bakgat! 2 and Bakgat! 3 – the first Afrikaans trilogy. The movies, Superhelde, Ek Joke Net 1 and 2, Night Drive, Roepman, Hoofmeisie, Wolwedans in die Skemer, Verraaiers, Musiek vir die Agtergrond, Pad na jou Hart, Agent 2000, Hear Me Move and the box office hits, Vir Altyd, Ballade vir ‘n Enkeling and Vir die Voëls follows.

Danie is gradually shifting his focus to the development of local productions that can be released internationally. Jou Romeo and Sy Klink Soos Lente were released in 2016 and Vaselinetjie and Vuil Wasgoed in 2017. Danie is currently busy with Thys & Trix, Stroomop and Fiela se Kind.