Loki Rothman

Oorspronklike Klankbaan / Original Soundtrack

Getuielys

Loki Rothman

Oorspronklike Klankbaan


Loki Rothman het bekendheid verwerf met sy kitaarspel op die eerste seisoen van SA’s Got Talent in 2009. Hy het plaaslik en internasionaal saam met die gewilde rapper Jack Parow opgetree in onder meer Moskou, Holland, België en Londen.

Daarna het Loki begin fokus op ’n solo-loopbaan as ’n kitaarspeler, sanger, liedjieskrywer en musiekvervaardiger.

Sy eerste debuut solo-album The Way Back is in 2016 vir ’n SAMA-toekenning genomineer. Sedertdien het hy ook saam met verskeie kunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Riana Nel en Laurika Rauch gewerk.

Hy het twee enkelsnitte vrygestel, naamlik Blou saam met Rauch en Ons op ons eie vir die film, Jou Romeo.

Loki en Rauch het ’n Ghoema-toekenning ontvang vir Luitoon van die Jaar en hy het ook ’n Woordfees-toekenning gewen vir Beste Solo Kunstenaar in die Kontemporêre Musiek-kategorie.

Hy het onlangs die musiek vir die film, Liewe Kersfeesvader, gekomponeer en het Rauch se klassieke liedjie, Kyk hoe glinster die maan herskep as die tema van hierdie film.

Loki werk tans aan sy debuut Afrikaanse album wat later hierdie jaar vrygestel gaan word.


Witness List

Loki Rothman

Original Soundtrack


Loki Rothman burst onto the scene with his guitar act on the first season of SA’s Got Talent in 2009. He joined popular rapper Jack Parow on stage both locally and internationally on tour, including gigs in Moscow, Holland, Belgium and London.

Now he’s focusing all his attention on a solo career as a guitarist, singer, songwriter and music producer.

His first debut solo album The Way Back was nominated for a SAMA in 2016. Since then he’s collaborated with various artists, such as Die Heuwels Fantasties, Riana Nel and legendary Afrikaans singer, Laurika Rauch.

Loki Rothman released two beautiful singles, Blou with Rauch and Ons op ons eie for the soundtrack of the movie, Jou Romeo.

He and Rauch won a Ghoema Award for Best Ringtone and he also won a Woordtrofee award for Best Solo Artist in the Contemporary Music category. He has recently scored the music for the film, Liewe Kersfeesvader, and recreated Rauch’s classic, Kyk hoe glinster die maan as the theme song for this film.

Loki is currently working on a debut Afrikaans album that will be released later this year.